Monday, February 12, 2007

Emirate - Dubai

































Dubai is Jo’burg. Dubai is net mooier en groter met onbeskryflike argitektuur en die meeste hyskrane wat ek nog gesien het. Hulle bou soos ons sal moet bou om betyds reg te wees vir die sokker van 2010, en dit lyk nie of hulle in die afsienbare toekoms gaan stop nie! Ek dink die regering moet daai ouens vra om hier te kom bou – kan dalk help.
















Verstommend om te dink dat 40 jaar gelede was Dubai net ‘n pêrelduikende nedersetting! Die mooiste is die ‘’creek’’ wat deur Dubai loop en al die watertaxi’s wat heen en weer oorkruis. Daar is enigiets, van honderde watertaxies, ou houtvragskepe wat vrag op en af langs die kus vervoer, moterbote en duisende seemeeue. Die kontras tussen daai ou bote en die toringhoë glasgeboue is waau!

Die klein stegies en ou deel van die stad is my gunsteling – saar is die interressantste winkeltjies en mense – so bietjie weg van die gepoleerde toerisme dele. Daar is te veel om op te noem – die museum, die ‘’gold souk’’ met die 24 karaat goud in die vensters, die duisende stegies vol winkeltjies, die blink paleise en hotelle, die geroesmoes van ‘n internasionale kapetalistiese stad – die oue en die toekoms (wat eintlik al vandag gebou word), hand – aan – hand.








Van die Burj Al-Arab Hotel (hoogste hotel in die wereld) wat ‘n moet is om te sien (anders was jy nie daar nie), tot die beeldhouwerk van ‘ groep kamele deur die Suid Afrikaanse Danie De Jager, tot die verbysterende woon – eilande wat in die see gebou word – ek moet erken, ek was beindruk!

















‘n Paar interresante feite: Die Burj Dubai is in wording – staan reeds op 110 verdiepings en sal met voltooiing die hoogste gebou en struktuur ter wereld wees – met ‘n hyser / lift wat tot 64 km/h haal 9sal 2 x so hoog soos die Empire States gebou in New York wees); dan is daar ‘n 30 verdieping, 200 woonstel gebou wat tans voltooi word wat op sy voetstuk roteer en ‘n volle omwenteling elke week maak – praat van verandering van uitsig!











Blykbaar gaan die Dubai Waterfront waarmee reeds begin is, by voltooiing 2 en ‘n half keer so groot soos die totale Washington wees – sowat 800 km se mensgemaakte waterfront ekstra!

































Maar Dubai is nie lekker nie – nie soos Abu Dhabi nie. Abu Dhabi voel soos huis – Dubai voel soos dorp toe gaan, baie lekker, maar lekkerder om terug te kom huis toe.










































1 comment:

Muriel said...

Dit is fantasies om tussen jou foto's rond te loer!!