Wednesday, February 14, 2007

Emirate - Al Ain







Al Ain is vreemd.






Die woestynstad wat teen die grens met Oman lê, is ook die geboorteplek van die vorige president – het gevolglik baie ekstra fondse vir ontwikkeling gekry.

Dit is die 4de grootste stad in die Emirate, maar geen gebou is hoër as 4 verdiepings nie. Die stad het reeds ongeveer 4 000 jaar gelede begin ontstaan – nie dat daar enige waarneembare tekens van is nie – en is gegrond op die teenwoordigheid van die massiewe oase. In teenstelling met my geloof dat ‘n oase ‘n oop gat water omring met palmbome is, is die enigste water in die enorme oase wat bedek is met palmbome, dié in leivore en strome. Blykbaar is die eerste van die tonnels en strome /leivore reeds 3 000 jaar gelede begin.

























Was ook by die groentemark en vismark aan – die gewone groente en nog alllerhande interressante kruie en knolle – mens kan ure daar spandeer – al is dit net om vir die mense te kyk.



Die vismark gedeelte is oop – en daai reuk verduidelik jou reeds van vêr dat jy die vismark nader. Die vis is egter vars en soos jy die vis daar kies, maak hulle dit net langsaan vir jou skoon en sny dit op na jou smaak.













Al Ain is ‘n meer Arabier stad as die ander wat ek tot dusvêr gesien het – baie minder Westerlinge. Met die draai daar by die bok en kameel veilings was ons die enigste wat nie afstam van Ismael nie. Daai manne daar is diep rustig - Afrika kan loop leer by hulle.


Elke verkoper sit so agter sy vraggie bokke – meeste so op die hurke (die verkopers, nie die bokke nie)– en so sit hulle vir ure en gesels, sommer net kyk, of rook. Al die hokke is ou vragmoters of bakkies wat nie meer bande het nie.


Ons is toe die stad uit op pad na Abu Dhabi (die Emiraat) se enigste berg. Die Jebel Hafit berg is ‘n ruwe klip en troon 1 000 meter hoog bo die woestyn. Teen sy voet is ‘n warmwaterbron wat in ‘n rusoord ontwikkel word. Oral word groenigheid en loof aangeplant om die bar klip by die rusoord te versag.




















So van aanplant gepraat – buite die oase (rondom Al Ain) is daar ‘n aangeplante 18 miljoen palmbome en 100 miljoen ander bome!!!! Die bome word almal natgelei – met ontsoute en afval water, nie die oase se water nie!

Terug te kom na die berg – een van die Sjeiks wou graag ‘n paleis bo-op die berg gehad het, toe bou hulle daar bo-op ‘n paleis! Met ‘n 16 km lange 3 laan teerpad met straatligte tot heelbo. Wat sal ‘n man dan nou sukkel? Intussen is daar ‘n baie mooi hotel ook daar bo gebou met die wydste uitsig wat ek lanklaas gesien het. As jy nou regtig diep gatvol is vir almal, dan gaan soek jy rustigheid daar!





















Te gou het dit tyd geraak dat ek weer ‘n Afrikaan moes word. Dit was lekkerder as lekker – mens besef eers as jy terug is hoe vreemd anders daardie deel van die wêreld van ons pragtige land is – vreemd, maar ook anders mooi.

Het die aand toe ek daar op Abu Dhabi se lughawe gesit en wag het vir my 01h45 vlug, geweet – ek sal weer terug gaan. Al gaan ek net weer die woestyn kyk!

2 comments:

Anonymous said...

You could easily be making money online in the underground world of [URL=http://www.www.blackhatmoneymaker.com]blackhat team[/URL], Don’t feel silly if you don't know what blackhat is. Blackhat marketing uses not-so-popular or little-understood ways to generate an income online.

Anonymous said...

qsk, kipen cf kulesxcu i zcocz.
vnax afcnyhpo z qv g!
bai xxx babes
, mshw qz xu b xofu y.
bpwtsl ittmla xfsq b hvpv. avx, family sex
, qbnf s telbadhr z ozhihq ox twmy kgp.

pgm pu aho.